‘n Omvattende aanlyn joernalistieke kursus vir tydskrifte en koerante onder leiding van bekende journalis, Leoni Benghiat.
Kursusbesonderhede: Modules: 11 lesse Koste: R3495.00 Duur: Kursus kan volgens eie pas voltooi word: tussen 10 weke en 6 maande Registrasie: Aanlyn by www.sawriterscollege.co.za.
Studente moet die volgende voltooi: • 9 skryfoefeninge (vir beoordeling en terugvoer) • 1 navraagbrief • 1 vollengte persklaar artikel • 3 koerantberigte • 1 nuusfoto (opsioneel)
Toelatingsvereistes: • Basiese skryfvaardighede is noodsaaklik • Rekenaargeletterdheid, e-pos en internettoegang word benodig • Geen vorige tersiêre kwalifikasie is nodig nie
Opleier: Leoni Benghiat is ‘n gevestigde joernalis, artikel- en nie-fiksieskrywer met ‘n databasis van minstens 65 tydskrifte en koerante. Sy het al voorblad- en ondersoekende artikels in bykans al die bekende Afrikaanse tydskrifte en koerante, soos onder meer De Kat, Insig, Beeld, Finesse en Rooi Rose gehad, asook in Engelse publikasies soos Reader's Digest, Femina, Saturday Star en Sawubona. Sy is tans besig om ‘n biografie oor ‘n bekende Afrikaanse vermaakster te skryf.
Kursusleerplan:
Module een - Die genre van tydskrifjoernalistiek Module twee - Teiken jou mark Module drie - Onderwerpe wat verkóóp Module vier - Onthulling van die industrie Module vyf - Kry jou feite reg Module ses - Die onweerstaanbare aanvangsparagraaf Module sewe - Lyftaal deel I Module agt - Lyftaal deel II Module nege - Eindig in styl Module tien - Die finale snit Module elf - Koerantjoernalistiek
Venues
Date: 30 September 2008 Location: Countrywide Cost: R3495
Date: 07 October 2008 Location: Countrywide Cost: R3495
Date: 14 October 2008 Location: Countrywide Cost: R3495
Date: 21 October 2008 Location: Countrywide Cost: R3495
Date: 28 October 2008 Location: Countrywide Cost: R3495
Date: 04 November 2008 Location: Countrywide Cost: R3495